ADVERTISEMENT:

 

Ds. Louis Schnetler (links) en sy eggenote, Sarie, tydens ds. Schnetler se 65ste verjaarsdagviering.

“Sendeling met groot hart” word 65

 

Die "sendeling met die groot hart", ds. Louis Schnetler, het sy 65ste verjaarsdag gevier en moet dus eersdaags uittree.

As hierdie laaste voltydse blanke sendeling van die ou NG Kerk in Afrika, deesdae die VGKSA (Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika), met pensioen gaan, word ‘n historiese era van sendingwerk in die omgewing afgesluit.

In Mei 1863 het die eerste sendeling van die NG Kerk, die Skotse ds. Alexander McKidd, hom in die Soutpansberg gevestig. Hy is opgevolg deur Eerwaarde Stephanus Hofmeyr, wat vanaf 1865 tot sy dood in 1905 in die Soutpansberg die evangelie gebring het en onder wie se bediening ‘n merkwaardige herlewing onder swart, kleurling en blank opgeteken is. Hofmeyr is opgevolg deur verskeie leraars.

Ds. Louis Schnetler bedien by die VGK Kranspoort gemeente vanaf 1986 tot op datum. Voor Kranspoort het hy sewe jaar in Kgapane in die destydse Duiwelskloof bedien. In hierdie twee gemeentes was hy altesaam 22 jaar ringskriba. Hy het vyf kerke en drie pastorieë gebou. Van groot ewigheidswaarde is die beeld van Christus wat hy in sy lidmate en almal om hom ingebou het.

Tydens ds. Schnetler se 65ste verjaarsdagviering het dr. Hannes van der Walt van Pretoria ds. Louis raak opgesom as "die man met die groot hart", waarin daar plek is vir sy gesin, sy familie, sy vriende, sy lidmate, die wat nood het en altyd vir diere.

Dr. Van der Walt het die staaltjie vertel van hoe Louis as ‘n getroude student met ‘n gesin sy laaste R100, baie in daardie dae, uitgedeel het vir die plaasjong wat ‘n behoefte gehad het.

"Ons het met hom geraas, maar as ons maar weer sien, het die Here weer op ‘n ander manier vir hom voorsien."

Gaste het spesiale melding gemaak van ds. Louis se hulpvaardigheid en handigheid. Dit kom dan nie as ‘n verrassing nie dat hy, voordat hy met sy teologiese opleiding aan die Universiteit van Pretoria begin het, eers ‘n Nasionale Tegniese Diploma by die Wits Technikon verwerf het. Hy het ook ‘n paar jaar gelede kursusse in prediking, huweliksberading en berading voltooi. Sy getroue betrokkenheid by vele instansies, waaronder die Ouetehuis, die CMR en uitreik-aksies na Afrika, is alombekend.

Mev. Sarie Schnetler het vertel hoe sy haar (eens) rooikopman ontmoet het. Die egpaar het twee getroude dogters, twee seuns en vier kleinkinders.

Die verjaarsdagviering is op Saterdag, 26 Januarie, by Die Skuur gehou en die eintlike verjaarsdagdatum was 27 Januarie.

News - Date: 01 February 2008

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: