ADVERTISEMENT:

 

Victor-egpaar pleit skuldig op klagte van kinderpornografie

 

Die egpaar van Musina wat daarvan aangekla is dat hulle kinderpornografie vervaardig het, het Dinsdag, 24 Julie, skuldig gepleit in die streekhof op Louis Trichardt.

Derick Leo Victor (43) en Joey Victor (47) is vroeër vanjaar aangekla vir die besit en vervaardiging van kinderpornografie, nadat hulle eksplisiete foto’s van ‘n naakte minderjarige meisie geneem het. Die egpaar het aanvanklik onskuldig gepleit en beweer dat hulle nie bewus was daarvan dat die meisie minderjarig was nie en dat hulle ook nie geweet het dat die foto’s eksplisiet van aard is nie.

Na hul pleit van skuldig het die hof die Victor-egpaar gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir ‘n periode van vier jaar, op voorwaarde dat hulle hul nie weer skuldig maak aan ‘n soortgelyke klagte binne dié tydperk nie.

News - Date: 03 August 2007

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Riaan de Swardt

Email:

ADVERTISEMENT: