ADVERTISEMENT:

 

Twee seuns, wat met hulle fietse verby die ongelukstoneel op die hoek van Alwyn- en Leeustraat gery het, het eers gestop om 'n foto te neem.

Gebrek aan padtekens begin reeds sy tol eis

 

Die woorde van waarskuwing oor ongemerkte kruisings was nog nie eens behoorlik koud nie toe was daar ‘n ongeluk.

Twee motoriste het Maandag in die twee-rigting kruising op die hoek van Alwyn- en Leeustraat met mekaar gebots. Gelukkig is niemand in die voorval ernstig beseer nie, maar daar is geen twyfel dat albei se voertuie afgeskryf is nie.

Die bestuurder van ‘n groen Mercedes Benz het vanuit Alwynstraat links in Leeustraat gedraai toe die ongeluk gebeur het. Hy het met ‘n aankomende Toyota Hilux bakkie gebots. Daar was geen stoptekens by die kruising nie, aangesien dit weke gelede deur vandale verwyder is. Dowwe padmerke kon beswaarlik uitgemaak word. Die naaste aan ‘n padteken was die geroeste paal van ‘n stopteken op die oorkantse hoek van die kruising.

Van die Mercedes se bestuurder was daar geen teken nie. Dié het glo weggehardloop van die toneel, vermoedelik omdat hy nie ‘n lisensie gehad het nie.

Die koerant verneem dat die gebrek aan padtekens in dié woongebied, en die lewensgevaar wat dit vir motoriste en inwoners inhou, verlede week onder die aandag van die munisipale bestuurder gebring is. Daar is toe belowe dat daar aandag aan die probleem gegee sal word. In die onmiddellike omgewing van die ongeluk is beide stoptekens op die hoek van Eland- en Boababstraat, asook Duiker- en Boababstraat, reeds weke vermis.

Kort na die ongeluk is die munisipaliteit genader vir kommentaar. Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi  het teen druktyd geantwoord dat die munisipaliteit “besig is om aandag aan die situasie te gee.”

‘n Verkeersbeampte op die ongelukstoneel het aan die koerant bevestig dat beide partye ‘n eis by die Makhado Munisipaliteit kan indien vir die skade wat hulle gelei het in die ongeluk.

Die woordvoerder van die Makhado SAPD, A/O Takalani Madzhigili, het bevestig dat daar ‘n saak van nalatige of roekelose bestuur geopen is vir verdere ondersoek.  Madzhigili kon nie bevestig of die bestuurder van die Mercedes wel van die toneel gevlug het nie, maar het wel gesê dat as dit die geval is, die man veel erger klagte in die gesig kan staar.

News - Date: 04 April 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: