ADVERTISEMENT:

 

Marli gooi die rekords los

 
LOUIS TRICHARDT – Atlete van verskeie hoërskole in die provinsie het Saterdag deelgeneem aan ‘n vriendskaplike byeenkoms by Hoërskool Louis Trichardt. Dit was egter ‘n plaaslike atleet, Marli Knoetze, wat tot ‘n groot mate die kalklig gesteel het.

Marli het Saterdag vir ‘n verrassing gesorg, toe sy ‘n nuwe nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord opgestel het in die skyfwerp vir DO/14. Haar gooi van 41,78m met die een kilogram diskus het die bestaande SA rekord met 0,06m oorskadu. Ongelukkig vir haar word die rekord nie erken nie, weens verskeie praktiese probleme rondom die meet van die afstand en die terrein self. Haar gooi was egter goed genoeg om aan haar ‘n nuwe skolerekord te besorg. Die vorige rekord van 31,40m is in 1998 opgestel deur M. Booysen van Hoërskool Noorderland.

Marli het ook ‘n nuwe skolerekord opgestel in die gewigstoot vir DO/14. Haar afstand van 12,51m met die vier kilogram gewig, het die bestaande rekord van 8,25m met meer as drie meter verbeter. Die vorige rekord is in 2001 opgestel deur Leandri Behr, ook van Hoërskool Noorderland.

Altesaam tien nuwe rekords is tydens die byeenkoms opgestel.

Eerskomende naweek sal atlete vanuit die onderskeie kringe in die Soutpansberg- en Njelele-areas deelneem aan ‘n distriksbyeenkoms op Messina

News - Date: 08 February 2002

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: