ADVERTISEMENT:

 

Twee weer in hof oor beweerde lollery met kinders

 

‘n Bekende sakeman van Louis Trichardt, wat in Maart gearresteer is nadat hy glo sy negejarige stiefdogter gemolesteer het, het weer Maandag vlugtig in die Streekshof op Louis Trichardt verskyn.

Die 45-jarige man staan tereg op ‘n klag van verkragting. Dié klag is teen hom gebring, nadat hy die dogtertjie glo verskeie kere, oor etlike jare, seksueel misbruik het en haar betas het.

Na verneem word, sal die dogtertjie moet kom getuig teen die man, nadat die man aangedui het dat hy van plan is om onskuldig te pleit. ‘n Voorlopige verhoordatum is deur die hof vasgestel vir 29 Augustus vanjaar.

Intussen verkeer die vermeende pedofiel oor wie die Zoutpansberger verlede week berig het, steeds agter tralies. Die 47-jarige man, wat na bewering sy verloofde se kleindogter gemolesteer het, het ook Maandag in die Streekshof op Louis Trichardt verskyn.

Hy is al vir die afgelope twee weke in aanhouding, nadat hy op Dinsdag, 21 Junie, in hegtenis geneem is. Die man se saak is tot verlede Vrydag uitgestel vir ‘n moontlike borgaansoek. Sy saak is egter oorgeplaas vanaf die Distrikshof na die Streekshof en uitgestel tot Maandag toe.

Tydens Maandag se hofverskyning is die man se saak weer met ‘n week uitgestel, nadat hy glo aangedui het dat hy gaan skuldig pleit.

Hy sal tot sy hofverskyning op 11 Julie in aanhouding bly.

News - Date: 08 July 2011

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: