ADVERTISEMENT:

 

Theo le Roux (13) van die Louis Trichardt Stoeiklub glimlag breed, nadat hy ‘n goue medalje by die Johnny Reitz Big 5-stoeitoernooi in Pretoria ingepalm het.

Goud vir jong stoeier

 

‘n Jong stoeier van die Louis Trichardt Stoeiklub glimlag breed, nadat hy ‘n goue medalje by ‘n groot stoeitoernooi op 2 Augustus in Pretoria ingepalm het.

Theo le Roux (13) was onoorwonne by die Johnny Reitz Big 5-stoeitoernooi wat op agt matte by die LC de Villiers Stadion plaasgevind het. Hy het in die O/13 ouderdomsgroep in die gewigsafdeling 50 kg tot 54 kg gestoei.  “Daar was nege stoeiers in sy groep, en Theo het baie mooi gestoei. Dit is die eerste keer in vyf jaar se deelname dat Theo goud by Johnny Reitz verower,” sê mnr. Minnei le Roux, Theo se pa en ook stoei-afrigter by die plaaslike stoeiklub.  Daar het net meer as 30 stoeiklubs aan die toernooi deelgeneem.

Stoeiers van Gauteng- Noord, Limpopo en Mpumalanga het jaarliks vier groot toernooie waaraan hulle kan deelneem. Dit is die Limpopo Ope, die Mpumalanga Ope, die TUKS Ope en die Johnny Reitz Big 5-toernooi. ‘n Stoeier moet aan ‘n paar van die groot toernooie deelneem voordat hy vir die Suid-Afrikaanse stoeitoernooi kan kwalifiseer. Theo het verlede jaar goud by die Limpopo Ope verwerf en hierdie jaar brons.

Theo sal by die Suid-Afrikaanse stoeitoernooi  gaan stoei wat op 10 en 11 Oktober gaan plaasvind. Die verwagting is dat die SA’s hierdie jaar in Polokwane aangebied sal word, iets wat die plaaslike stoeiers baie sal verwelkom.

Sport - Date: 08 August 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: