ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Japie Vo-gel (54)

Japie Vogel skielik aan hartaanval oorlede

 

Mnr. Japie Vogel van Louis Trichardt is op Sondag, 4 Januarie skielik aan ‘n hartaanval oorlede terwyl hy en familie en vriende op vakansie was aan die weskus. Hy was 54 jaar oud.

Mnr. Vogel is oorlede tydens ‘n besoek aan hul strandhuis op St Helenabaai. Hy word oorleef deur sy vrou, Charmaine, ma Ouma Klein, twee seuns Quentin en Justin, skoondogter Sinet en kleindogter Megan.

“Daar waar hy dood is, het hy geluk gevind,” het Quentin Dinsdag van sy pa gesê.

Mnr. Vogel van die plaas Bergvlei op die Bluegumspoortpad was ‘n bekende boukontrakteur van die omgewing en eienaar van Vogel Boukonstruksie. Daarbenewens het hy ook met avokadopere geboer.

Die familie het almal bedank vir hul oproepe, SMSe en woorde van vertroosting, so ook diegene wat behulpsaam is met die begrafnisreëlings. ‘n Roudiens sal eerskomende Saterdag, 10 Januarie om 11:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente op Louis Trichardt vir mnr. Vogel gehou word.

News - Date: 09 January 2009

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: