

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 January 2003
LOUIS TRICHARDT – Danie Scholtz het na afloop van verlede jaar se senior eindeksamen uitgeblink as Hoërskool Louis Trichardt se top matriekleerling deur vyf hoërgraad onderskeidings in te palm in Engels Tweede Taal, Wiskunde, Natuur- en Skeikunde, Tegnika Siviel en Tegniese Tekeninge.
Nog twee van die skool se slimkoppe, Hannes Lee en Liezl Craig, spog elk met vier hoërgraad onderskeidings. Hannes behaal onderskeidings in Afrikaans Eerste Taal, Engels Tweede Taal, Aardrykskunde en Ekonomie, terwyl Liezl A-simbole behaal in Afrikaans Eerste Taal, Engels Tweede Taal, Biologie en Rekeningkunde.
Van verlede jaar se matriekleerlinge wat na afloop van die senior eksamen met drie onderskeiding kan spog, is Jacques du Plessis (Afrikaans Eerste Taal HG, Engels Tweede Taal HG en Aardrykskunde HG), Beukes Haasbroek (Afrikaans Eerste Taal HG, Engels Tweede Taal HG en Rekeningkunde HG), Bronwyn Kruger (Rekenaartik SG, Toerisme SG en Hotelbestuur SG), Brian Smith (Wiskunde HG, Rekeningkunde HG en Rekenaarstudie HG) en Celeste van Niekerk (Afrikaans Eerste Taal HG, Engels Tweede Taal HG en Ekonomie HG).
Matriekleerlinge wat elk twee onderskeidings behaal het, was Sheralee Basson, Cathryn Botha, Carla Kok, Bertie le Roux, Retha Pretorius, Tracy Steyn en Mandie van Zyl. In totaal het vyftien matrikulante elk een onderskeiding behaal.
Hoërskool Louis Trichardt spog vanjaar met 'n 98,4% slaagsyfer, aangesien net twee leerlinge nie daarin kon slaag om die pyp te rook nie uit 'n totaal van 128 matrikulante.Die groep behaal altesaam 56 onderskeidings en 119 B-simbole.

ADVERTISEMENT:
