ADVERTISEMENT:

 

Wyle AO Johannes Daniel Olwage (44). Foto verskaf.

Lugmag gee laaste eerbetoon aan AO

 

Vriende en familie het Dinsdag, 8 April, ‘n finale eerbetoon gebring aan adjudant-offisier Johannes Daniel Olwage (44) wat skielik op 29 Maart aan ‘n hartaanval oorlede is.

AO Olwage, wat vir die afgelope 20 jaar reeds verbonde was aan LMB Makhado (85 Gevegskool), is met volle militêre eerbewys vanuit die NG Kerk Soutpansberg begrawe.

“Here, U loop met elkeen van ons ‘n eie pad deur die lewe. Die pad is nie altyd vir ons voorsien nie. Op ons lewenspad het elkeen sy eie opdraandes. Somtyds beplan ons self ons eie lewenspad, maar U Here, bepaal hoe die pad loop. Here, U het ook so met Johan se unieke pad geloop,” skryf die familie onder meer in sy begrafnisbrief.

Wyle AO Olwage word oorleef deur sy ma Sally, vrou Susan, stiefseun Armand, broer Marius en sy eggenote, suster Madie, Estelle, Magda en haar eggenoot en hul kinders.

Die familie het hulle dank uitgespreek teenoor kapelaan C. Barends en kapelaan R. Simons van LMB Makhado, asook ds. Rudolph Botha van Soutpansberg-gemeente wat almal met die diens gehelp het, die Zoutpansberg Privaathospitaal, dr. Casper Venter, sy broer Marius, lt.kol. Labuschagne, die militêre polisie en die SAPD Makhado, Martin’s Funerals en Sophie’s Choice.

"Baie dankie aan almal vir hulle woorde van vertroosting en bystand. Dit word opreg waardeer," sê die familie.

News - Date: 11 April 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: