

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 May 2012
Daar is tye wat die toue by die Makhado Munisipaliteit net nie na wense vorder nie. Een so ‘n dag was verlede Donderdag, 3 Mei. Die toue by die betalingspunt van munisipale rekenings het by die deure uitgestaan.
By die lisensie afdeling het lede van die publiek gesit … en gesit ...
Onderwyser me. Luzelle Wahl het verlof vir die dag ingesit om haar publieke lisensie te kry om die minibus van die skool te kan bestuur.
“Ek het al op 5 April met die lisensie se oogtoets begin. Die volgende dag het ek die betaling gaan doen. Dan moet jy ten minste vyf dae wag en kom hoor of jou vingerafdrukke reg uitgekom het. Ek sit al hier van vanoggend af en hier is net een kassiere wat die algemene publiek help. Die ander een help net besighede en handelaars. Ek is seker daar is ‘n vinniger en makliker manier. In Mosselbaai het ek my pa se lisensie gedoen en dit was so vinnig en maklik,” het Wahl gesê.
Wahl het die hoop uitgespreek dat die nuwe burgemeester die stelsel sal laat ondersoek en verander.
In dieselfde tou as Wahl het mense gesit vir hul motorlisensieskyfies, leerlinglisensie betalings, publieke vervoerlisensies en registrasie van voertuie.
Mnr. Johan Jansen het al van 07:30 daar gesit en wag vir die toetsbeampte, want hy is meegedeel dat dit net dié betrokke persoon is wat sy vingerafdrukke mag neem. Die toetsbeampte het kom sê dat hy net na agtuur daar sal wees. Teen 12:30 het Jansen nog daar gewag. Hy het die vorige dag sy lisensie geslaag.Die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, is op 3 Mei geroep. Die probleem is onder sy aandag gebring en hy is gevra om antwoorde te gee.
Op 7 Mei het Bobodi gesê dat hy nie kan belowe dat hy die antwoorde op die vrae wat deurgestuur is betyds sal kan gee nie, want hy het belangriker dinge om te doen. Dit was hierdie week die inhuldiging van die nuwe burgemeester. Teen druktyd was daar nog geen antwoorde nie.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
