ADVERTISEMENT:

 

Oud-landdros oorlede

 
MUSINA – Inwoners van die Soutpansberg het die afgelope maand met groot hartseer afskeid geneem van oom Chris Theunissen, wat op 18 Junie in die ouderdom van 90 jaar aan kanker oorlede is.

Oom Chris is in 1961 na Louis Trichardt verplaas waar hy vir 13 jaar opgetree het as Hooflanddros. Gedurende dié tydperk moes hy een keer per week na die destydse Messina reis om daar sake te verhoor, aangesien hulle slegs 'n addisionele landdros gehad het.

Na oom Chris se aftrede in 1975, vestig hy en sy eggenoot, tannie Isabel, hulself op die plaas Leeudraai op die walle van die Limpoporivier. In daardie stadium was hy reeds 65 jaar oud, maar steeds het hy op gereelde grondslag by die hof op Messina afgelos.

Oom Chris is op 21 Junie vanuit die N.G. Kerk Messina-gemeente begrawe. Hy word oorleef deur sy drie kinders (Pieter, Div en Driekie), agt kleinkinders en tien agterkleinkinders.

News - Date: 11 July 2003

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: