ADVERTISEMENT:

 

Vyf nuwe SA rekords by wildveiling

 
PRETORIA – Altesaam vyf nuwe Suid-Afrikaanse rekords is Saterdag (6de) opgestel tydens die sewende wildveiling van die Transvaalse Wildvereniging. Die veiling het saamgeval met die Wild Expo en is bygewoon deur sowat ‘n 1 000 mense.

Die vyf rekords het ingesluit ‘n top prys van R60 vir ‘n bandmeerkat, R15 000 vir ‘n bergsebra, R225 000 vir ‘n leeu, R7 500 vir ‘n oorbietjie en R160 000 vir ‘n swartrooibok. Behalwe vir leeus en swartrooibokke wat gemiddelde pryse van R71 000 en R142 000 opgelewer het, was eersgenoemde pryse ook die gemiddelde pryse van die diere.

Wat die res van die veiling betref, is basterhartbeeste vir ‘n gemiddeld van R19 000 opgeveil, terwyl blesbokke vir ‘n gemiddeld van R800 (hoogste R825) verkoop het. Die gemiddelde pryse van blouwildebeeste, bosbokke, buffels en duikers was onderskeidelik R2 400, R4 000, R93 570 (hoogste R115 000) en R2 000.

Elande, gemsbokke en koedoes behaal onderskeidelik gemiddelde pryse van R4 500, R3 630 (hoogste R3 700) en R1 600 (hoogste (R1 800), terwyl Livingstone-elande, nyala’s en witrenosters vir gemiddelde van R12 000, R9 500 en R240 000 onder die hamer gekom het.

Rooibokke, rooihartbeeste, sebra’s en steenbokke se gemiddelde verkoopprys was onderskeidelik R540 (hoogste R700), R3 270 (hoogste R3 400), R2 970 (hoogste R3 100) en R2 000, terwyl swartwitpense, waterbokke en wildehonde vir gemiddelde pryse van R67 730 (hoogste R95 000), R4 760 (hoogste R4 950) en R8 000 verkoop is.

Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld en het ‘n omset van R6 291 075 opgelewer, dubbeld dié van verlede jaar. Mnr. Willie Roux van Louis Trichardt was die afslaer.

News - Date: 12 April 2002

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: