Nuwe grondeisekommissaris het heelwat nuwe gedagtes

Date:

12 June 2009

Read:

669 0,0,0,0,0,0,0

Print

Daar’s ‘n lig in die tonnel en dit lyk nie na ‘n trein nie…

‘n Eerste ontmoeting tussen die georganiseerde landbou en Limpopo se nuwe Grondeisekommissaris, mnr. Mapoto, het Dinsdag ‘n vars bries oor die andersins bedompige grondhervormingsproses in Limpopo laat trek.

Mapoto het volgens dr. Theo de Jager, die adjunk-president van AgriSA, ‘n nugtere benadering tot die restitusieproses en goeie begrip vir die wurgende effek wat grondeise op kommersiële landbou het.

Die kommissaris is, anders as sy voorganger, mnr. Mashile Mokono (wat tans op klagte van bedrog, diefstal en sameswering teregstaan), bereid om skikkingvoorstelle tussen grondeisers en grondeienaars te gebruik om grondeise af te handel. Volgens hom hou dit verhoudings in die landelike gebiede in stand en skep dit eienaarskap by alle belanghebbendes.

Mopoto hoop volgens De Jager dat eise soos die Moletele-eis by Hoedspruit en die Valoi-eis by Letsitele op dié basis afgehandel kan word, sonder die uitmergelende en duur hofprosedures.

Mnr Frans Toerien, ‘n bestuurslid van AgriLimpopo, het ook die vergadering bygewoon, en gewys op die belangrikheid om beleggersekerheid in landbou in die provinsie te herwin. Daarvoor moet die eindelose gesloer met die uitgerekte proses aangespreek word. Mapoto het opdrag gegee dat ‘n volledige lys van onafgehandelde eise onverwyld opgestel word.

Eise waar daar meer plase in die Staatskoerant gelys is as wat op die eisvorms aangedui is, asook eise waar daar reeds plase oorgedra is, kan nou vir ontlysting aan die kommissie voorgelê word. Doodloopstraateise soos dié in Mooketsi en die Letsitele-vallei sal ná dese individueel met die kommissie opgeneem word.

Die nuwe kommissaris wil ook die restitusieforum wat deur Mokono nek omgedraai is weer laat herleef.

Volgens De Jager en Toerien is daar groot verwagting by boere dat die grondeiseproses in Limpopo onder Mapoto beter bestuur sal word as wat tot dusver die geval was.

 

to comment you need to login first - Login

Jong man kritiek ná botsing met trein

08 July 2011 By Isabel Venter
News: ‘n Jong inwoner van Louis Trichardt is vroeg Saterdagoggend 2 Julie ernstig beseer na ‘n motorfietsongeluk in die industriële gebied. Die 19-jarige mnr. Gareth Brooker het met ‘n stilstaande trein gebots by die treinoorgang in Groblerstraat. Volgens ooggetuies, mnr. Francois Basson, was Brooker in 'n noordelike rigting op pad toe hy in die trein vasgery het.
267 0 Comments

Gareth beswyk aan besering

15 July 2011
News: Hy was ‘n baie liefdevolle mens, met baie vriende en het altyd tyd gehad om drukkies uit te deel. Dit is hoe familie en vriende die 19-jarige Gareth Brooker (19) onthou wat verlede Vrydag aan sy beserings in die Unitas Hospitaal in Centurion beswyk het. Die nuus van sy dood het as groot skok gekom, aangesien baie die hoop gekoester het dat hy sou herstel.
303 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles