ADVERTISEMENT:

 

Vernon Harding van Hoërskool Louis Trichardt spog nou met ses onderskeidings! Vernon het vraestelle laat hernasien en waar hy met die aanvanklike matriekuitslae drie onderskeidings behaal het (in Engels eerste addisionele taal, inligtingstegnologie en lewensoriëntering), het hy nou ook nog onderskeidings in Afrikaans huistaal, wiskunde en lewenswetenskappe.

Nog onderskeidings vir matrieks na hernasien

 

News  Date: 13 March 2012

 

Verskeie van Hoërskool Louis Trichardt se 2011-matriekulante spog nou met ekstra onderskeideings na afloop van die hernasien van verlede jaar se matriekvraestelle.

Een van die skool se 2011-matriekulante, Vernon Harding, spog na die hernasien nou met ses onderskeidings instede van drie. Vernon het sy vraestelle laat hernasien en waar hy eers net onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, inligtingstegnologie en lewensoriëntering behaal het, het hy ook nou onderskeidings in Afrikaans huistaal, wiskunde en lewenswetenskappe.

Nog ‘n Graad 12 oudleerling wat nou met ses onderskeidings kan spog instede van vyf, is Jeremy Rademeyer. Na afloop van die hernasien het hy ook nou ‘n onderskeiding vir wiskunde. Sy ander onderskeidings was vir Afrikaans eerste addisionele taal, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en ekonomie.

Instede van vier het Carla Beetge ook nou vyf onderskeidings. Dit nadat sy ook ‘n onderskeiding vir besigheidstudies gekry het. Haar ander onderskeidings was vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en lewenswetenskappe.

Liné de Wet spog op haar beurt nou ook met ‘n onderskeiding in lewenswetenskappe. Haar ander onderskeidings was aanvanklik vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal en lewensoriëntering.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines