ADVERTISEMENT:

 

"Jammer sal nie die seer wegvat nie"

 
Toe sy vyf jaar oud was, is sy ook gemolesteer. Dit het vir ‘n jaar so aangegaan. Vandag is die 38-jarige ma gelukkig getroud, maar die pyn van dit wat 30 jaar gelede gebeur het, lê nog baie vlak.

“Al kry hy hoeveel jaar of maande, dit kan nie regmaak wat hy gedoen het nie. Hy het nou wel gesê hy is jammer, maar dit sal nooit die seer kan wegvat nie. ”

So het Karin (nie haar regte naam nie) gereageer na Johan Dreyer voorverlede week gevonnis is op vier klagte van onsedelike aanranding op vier dogters onder die ouderdom van 16 jaar. Karin self is deur ‘n volwasse manspersoon (‘n familielid) gemolesteer toe sy vyf was. Ten spyte daarvan dat hy ‘n jaar later uit haar lewe verdwyn het, dra sy vandag nog die skuldgevoel en skaamte saam.

Karin verwys na die Dreyer-saak, asook die Koekemoer-saak in Maart 2003.

“Elke keer as sake soos hierdie voorkom, maak dat ou sere oop. Ek kan nie slaap nie.”

Te verstane, is dit vir Karin moeilik om te praat oor wat gebeur het ...

“As ek gaan bad het, sou hy inkom en aan my vat en voel. Ek was bang om te gaan slaap, want ek het nooit geweet wanneer hy weer na my toe kom nie. Jy kan nie vir iemand sê nie ... niemand sal jou in elk geval glo nie want jy is ‘n kind en hy is ‘n grootmens.”

Karin onthou die worsteling waardeur sy moes gaan. Op skool het sy haar doelbewus besig gehou met skoolaktiwiteite en sport – enige iets om nie daaraan te dink nie.

“Nou nog moet ek my die hele tyd besig hou. Ek kan nie stilsit nie.”

Op ‘n vraag of sy al ooit berading oorweeg het, antwoord Karin: “Vandag ... ek weet nie. Ek het al baie lus gevoel om met iemand daaroor te gaan praat, maar daardie tyd was daar nie geld vir so iets nie. Ek het maar arm grootgeword en hulp het geld gekos.”

Karin sê dat daar nooit iets gekom het van die man se lollery nie, want sy het nooit vir enige iemand daarvan vertel nie, behalwe vir haar man voor hul huwelik. Dit wat met haar gebeur het, sê sy, het soms wel ‘n negatiewe invloed op hul verhouding.

Of Karin dit sou oorweeg om vandag haar molesteerder te konfronteer oor wat gebeur het, sê sy: “Weet jy, ek weet nie. Hy is al seker baie oud – of dood. Ek het hom nooit weer gesien nie. Maar ek is kwaad vir hom. Ongeag wat hy gedoen het, of daar nou fisiese verkragting plaasgevind het of nie, die skade bly dieselfde,” kom haar antwoord. Sy verwys ook na Dreyer en Koekemoer.

“Ek sluk nie die argument dat Dreyer dit gedoen het omdat hy as kind gemolesteer is nie. Daar is niks verkeerd met my nie. Ek het ook kinders, maar ek lol nie met hulle nie. Nee man, ‘n mens weet mos wat is reg en verkeerd!”

Wat raad aan vandag se jongmense betref, voel Karin baie sterk daaroor: “Praat daaroor, selfs al is dit met maatjies. Moenie stilbly nie! Dalk los die molesteerder vir jou uit, maar wat van die volgende kind, en die volgende een?”

En die toekoms?

“Ek weet nie ... miskien sal die herinneringe eendag weggaan,” sluit Karin af.

News - Date: 13 October 2006

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: