ADVERTISEMENT:

 

Goeie pryse by land se oudste wildveiling

 
TSHIPISE – Die land se oudste wildveiling, die Werkplaas Wildveiling van mnre. Peter en Howard Knott met S.D. Dannhauser as gasverkoper, is op 10 Junie aangebied.

Soos gewoonlik was die veiling 'n reuse sukses, hoofsaaklik vanweë die feit dat dié verkopers al jare lank die veiling aanbied en gebruik maak van hoogs professionele dienste in die vang van die wild. 'n Hoogtepunt was die verkoop van vyf buffels teen R113 000 stuk, terwyl vyf bastergemsbokke vir R142 000 elk opgeveil is. Beide die buffels en bastergemsbokke was afkomstig vanaf die Knott-familie. Die veiling het 'n totale omset van R2 218 800 opgelewer.

Wat mnr. S.D. Dannhauser se veiling betref, het koedoebulle vir 'n gemiddeld van R5 250 (hoogste R5 750) verkoop, terwyl sebras 'n gemiddelde prys van R4 150 (hoogste R4 300) behaal het. Rooihartbeeste het 'n gemiddelde prys van R4 600 opgelewer, terwyl elandbulle en kameelperde gemiddelde pryse van onderskeidelik R6 500 (hoogste R6 800) en R13 000 behaal het.

Tydens mnre. Peter en Howard Knott se veiling het blouwildebeeste vir 'n gemiddeld van R1 857 (hoogste R2 100) verkoop, terwyl elande, gemsbokke, kameelperde en koedoes vir gemiddelde pryse van onderskeidelik R4 501 (hoogste R5 500), R4 334 (hoogste R5 400), R12 875 (hoogste R13 750) en R1 563 (hoogste R1 700) opgeveil is. Sebras, njala's, rooibokke en volstruise se gemiddelde prys was onderskeidelik R4 050, R8 550 (hoogste R8 750), R522 (hoogste R600) en R1 250. Waterbokke, elandbulle en gemsbokbulle behaal op hulle beurt gemiddelde pryse van R4 950 (hoogste R5 100), R9 633 (hoogste R10 500) en R3 700, terwyl een blouwildebeesbul vir R1 900 en twee waterbokbulle vir 'n gemiddelde prys van R4 200 verkoop het.

Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld met mnr. Willie Roux van Louis Trichardt se afslaer.

News - Date: 14 June 2002

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: