

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 May 2009
Die welbekende mnr. Taks Senekal van Munisa is skielik op Dinsdag, 12 Mei in die ouderdom van 78 jaar oorlede.
Wyle Taks en sy vrou Annatjie was die afgelope 18 jaar op Musina woonagtig. Uit die huwelik van 57 jaar is ses kinders gebore en die egpaar is geseën met 13 kleinkinders en drie agterkleinders.
Taks was vir 24 jaar lank die oordbestuurder van Aventura Tshipise.
“Hy het menige vakansieganger wakker gemaak as hy daar bo van die koppie af gebrul het vir ‘Samuel’ om na hom toe te kom,” onthou die familie.
Die natuur, sy familie en vriende het hom baie na aan die hart gelê. Almal het altyd aan sy lippe gehang as hy eers staaltjies uit sy verlede begin vertel het.
“Daar is nou weer in die bos gekap en die Soutpansberg het een van sy groot kremetarte verloor. Oupa Taks, jou familie en vriende gaan jou baie mis,” is die boodskap van die familie.

ADVERTISEMENT:
