ADVERTISEMENT:

 

Wyle Nelia Bonnema (59). Foto verskaf.

Bekende van Levubu-gemeenskap oorlede

 

Die Levubu-gemeenskap het die afgelope week met groot hartseer verneem van die skielike dood van Nelia Bonnema (59), eggenoot van bekende boer Hennie Bonnema.

Nelia en haar tweelingsuster, Rina, is op 2 Mei, 1954, in Witrivier gebore. Hulle het saam met hul jonger suster, Ria, in die destydse Pietersburg (Polokwane) opgegroei. Nadat sy aanvanklik as onderwyser opgelei is, het sy, sowel as haar twee susters, in hul bekende ma se voetspore gevolg. Tannie Nelie van Mollendorf (aan al haar kollegas bekend as Mollie), sowel as aldrie haar dogters, was jare lank verpleegsusters in Polokwane se hospitale. Ria is steeds werksaam in Polokwane en Rina in Australië. Nelia het 'n hegte band met haar ma gehad, veral nadat laasgenoemde 'n weduwee geword en afgetree het.

Nadat Hennie en Nelia in 1982 getroud is en hulle in Makhado (Louis Trichardt) gevestig het, het Hennie as Kommissaris van Binnelandse Sake bedank en in 1984 op Levubu begin boer. Hulle het twee seuns, Hendrik en Pieter. “Toe sy 14 jaar gelede borskanker opgedoen het, het sy God gevra vir genade om haar kinders hul skoolloopbaan te sien voltooi. Die onlangse ontdekking van kanker in die lewer en buikholte het hul nogtans heeltemal onkant gevang,” sê die familie.

Nadat Nelia op 13 Oktober eers in die Zoutpansberg Privaathospitaal opgeneem is en later in die Wilgershospitaal in Pretoria, waar die ontstellende ontdekking gemaak is, is sy onverwags op 6 November oorlede. Haar familie vind egter troos in die feit dat sy 'n lang lyding gespaar is.

Nelia sal altyd deur haar familie en vriende onthou word vir haar lus om te lewe, haar goedversorgde voorkoms en haar liefde vir tuinmaak en plante, veral orgideë. Sy sal besonder baie gemis word deur Hennie, Hendrik, Pieter en Luzaan, vir wie sy voluit geleef het.

“Nelia laat 'n enorme leemte in ons harte en by al ons familiekuiers!” sê die familie.

News - Date: 15 November 2013

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: