

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 16 January 2009
Bloubul-ondersteuners sal op Vrydag, 30 Januarie hul gunsteling rugbyspan in aksie kan sien in ‘n Super 14-opwarmingswedstryd teen die Cheetahs op die Peter Mokaba stadion in Polokwane.
Die wedstryd tussen die Vodacom Bulls en Vodacom Cheetahs skop om 19:00 af. Kaartjies kos R150 op die hoofpaviljoen en R100 op die oop paviljoen en walle. Vir kaartjies, skakel die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) se kantoor in Polokwane by tel. 015 298 8725. Kaartjies is ook beskikbaar by die Louis Trichardt Rugbyklub se lapa en by Robbie Human op Musina by tel. 015 575 2260 of 082 878 3012. Vir spesiale pakkette (om te braai ens.) kan die BBRU se kantoor ook geskakel word.
Die BBRU wil graag die dag gebruik om rugby in die Limpopo Provinsie te bevorder. Daar sal dus ook verskeie voorwedstryde wees vanaf 12:00. Daar word ook iets spesiaal gereël vir oud Verre-Noord spelers die dag. Alle oud Verre-Noord spelers word versoek om Corrie Wessels te skakel by tel. 015 295 8179.
Op plaaslike vlak begin die Louis Trichardt Rugbyklub op Dinsdag, 20 Januarie weer oefen. Vir enige navrae hieroor, skakel Dries (Buffel) du Preez by tel. 084 650 1908.

ADVERTISEMENT:
