ADVERTISEMENT:

 

Van links na regs is Johan saam met Leon en sy vrou Sonja op Alexanderbaai - die eindpunt van hulle reis. Foto verskaf.

Welkome rus ná 4 200km in die fietssaal

 

Na 4 200 km in die fietssaal is die twee Van Dijkhorst-broers klaar met hul Suiderkruisprojek en hang vir eers hulle fietsryskoene op.

Johan, van Makhado (Louis Trichardt), en Leon het sowat 4 200 km deur Suid-Afrika, in die vorm van ‘n kruis, getrap om geld in te samel vir landelike veiligheid. Johan het oor die naweek by die huis aangekom, en het so kortliks vertel van hulle ervaring.

“Ons het lanklaas so baie skaapvleis geëet,” het Johan gesê. Die twee broers het tydens hulle tog eerstehandse kennis opgedoen oor veiligheid in die afgeleë landelike gebiede by al die verskillende boereverenigings. Hulle het ook die president van Agri SA, mnr. Johannes Moller, ontmoet. Nog ‘n hoogtepunt was toe hulle vir Danie Coetsee, die rugbyspeler, ontmoet het.

“Oral is ons oorval met vriendelikheid, en getrakteer op heerlike eet- en drinkgoed  Op verskeie dorpe het daar groepies fietsryers by ons aangesluit om saam met ons te ry. Dit was dan ook lekker om weer vars geselskap te ervaar. Van die klubs het ook bydraes gemaak,” het Johan gesê.

Voor hulle op Woensdag, 8 Januarie, by hulle eindbestemming in Alexanderbaai aangekom het, het die broers 30 skofte met ‘n gemiddeld van 145km getrap, vyf pap wiele gehad, twee buitebande afgeskryf, in 27 verskillende beddens geslaap en temperature van tot 46°C aangedurf. Die laagste temperatuur was 7°C en, sê Johan, dit het elke Maandag gereën.

Na afloop van dié tog het Johan sy dank uitgespreek teenoor plaaslike borge wat ‘n bydrae gelewer het. Hulle was Luke Enslin van Spar Makhado, Gerhard du Toit van Spar Apteek, Johan Steyn van TrendTyres, Bruce Murray van Stamp Shop, en Lizette Deacon van Ocean Basket  “Julle het die boude op die saal en die wiele aan die rol gehou. Dankie aan die plaaslike Manne van die Woord, jul gebede en seënwense was ons beskerming. Almal se belangstelling en woorde van aanmoediging word hoog op prys gestel.”

Die vraag, het Johan afgesluit, is nou watter ‘malligheid’ gaan die volgende Louis Trichardter aanvang?

Sport - Date: 16 January 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: