ADVERTISEMENT:

 

Die 19-jarige Johnson Zikhale, in gesprek met 'n prokureur van die plaaslike Regshulpraad se kantoor.

Arrestasie wyd verwelkom

 

Die arrestasie van ‘n verdagte, wat vermoedelik ‘n ou hand is as dit kom by die steel van munisipale waterpompe, is 'n oorwinning vir beide die plaaslike munisipaliteit sowel as die inwoners van Makhado (Louis Trichardt).

Johnson Zikhale (19) het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op ‘n klag van huisbraak waarvan die opset onduidelik is aan die Staat.

Volgens polisie inligting is Zikhale op 29 Maart op heterdaad betrap by die munisipale pompstasie in Kortstraat. Die Vhembe en Makhado munisipaliteite het onlangs drie-ledige sekuriteitsmaatreëls by al hul pompstasies ingestel. Dit sluit onder andere in die gebruik van ‘n alarmstelsel, ‘n sekuriteitskamera en ‘n nagwag.

Die polisie is juis deur die afgaan van die alarm by die pompstasie attent gemaak daarop dat ‘n diefstal moontlik aan die gang was. Zikhale is gearresteer nadat hy binne-in die pomphuisie gevind is. Daar word vermoed dat daar nog verdagtes was wat gevlug het met die polisie se aankoms op die toneel.

Zikhale, wat van Zimbabwe afkomstig is, is sedert sy arrestasie in polisie-aanhouding, nadat hy borg geweier is. Hy sou in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 16 April wanneer hy na verwagting ‘n pleitooreenkoms met die Staat sou aangaan.

News - Date: 17 April 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: