

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 May 2013
Die Suid-Afrikaanse Platteland Muurbalkampioenskappe, wat vanaf 8 tot 11 Mei deur die Limpopo Provinsie in Polokwane aangebied is, het vir strawwe kompetisie gesorg.
Altesaam 36 spanne met sowat 150 spelers van regoor Suid-Afrika het in die vier afdelings van die kampioenskap deelgeneem.
In die mans A-afdeling was dit Noord-Wes wat koning kraai. Erik Welman van die Soutpansberg Muurbalklub vorm deel van die Limpopo-span wat vierde eindig in dié afdeling.
Limpopo het meer sukses gehad in die mans B-afdeling en tree as wenners uit die stryd. Die Soutpansberg Muurbalklub spog ook met ‘n speler in dié span, naamlik Dirk du Preez. Limpopo se ander twee manspanne behaal onderskeidelik ‘n 11de en 12de plek, met Soutpansberg se Bertus Guillaume en Theo Schlieben wat deel vorm van hierdie spanne.
Limpopo het geen deelnemers gehad wat in die A-afdeling vir vroue deelgeneem het nie, maar het wel spanne ingeskryf in die B-afdeling, wat spog met ‘n tweede en derde plek. Polisie se vrouespan was die wenners van die B-afdeling.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
