Getal witkruise bly steeds groei

Joshua Serfontein van Tzaneen wat op sy agtste verjaarsdag ’n kruis plant ter ere van sy oupa, mnr. Daan Landsberg (53), wat in 2003 op sy plaas naby Zeerust, in Noordwes, doodgeskiet is.

Date:

17 June 2011

Read:

236 0,0,0,0,0,0,0

Print

Vyftien nuwe wit kruise is voorverlede naweek by die Witkruismonument op die N1 suid tussen Polokwane en Mokopane geplant.

Die eerste kruise is in 2004 ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasmoorde geplant en sedertdien word daar elke jaar nuwe kruise bygevoeg.

Lita Fourie, wat self haar ouers in ‘n plaasaanval verloor het, het Tabita-hulporganisasie vir slagoffers van plaasmoorde gestig en dié organisasie is verantwoordelik vir die onderhoud van die monument.

“Ons kry baie navrae oor die monument en dit is veral oorsese joernaliste wat by ons aanklop vir meer inligting. Ons beoog om binnekort ‘n museum op die perseel op te rig, met foto’s van plaasmoorde. Ons besef dat dit baie sensitief is, omdat meeste plaasmoorde baie wreedaardig is, maar mense moet sien hoe ‘n plaasmoord lyk sodat daadwerklike pogings aangewend kan word om verdere moorde te voorkom. Daar is ook al verskeie dokumentêre programme vir organisasies soos die BBC by die monument gemaak.”

Kruise is hierdie naweek onder andere vir Frik Hermann, wat in Februarie op ‘n plaas in die Vaalwater distrik vermoor is, geplant. Die Potgieter-gesin, wie se moordenaars verlede week in die hof in Bloemfontein verskyn het, se kruise met hulle name op is ook deur Fourie namens die familie geplant.

Herstelwerk is ook die naweek aan die monument gedoen en die sowat 2 000 wit kruise is nou selfs meer sigbaar vir motoriste wat op die N1 verby die Ysterberge ry. (LiN Nuus / Bosveld Bulletin)

to comment you need to login first - Login

Polokwane wen muurbalstryd

11 October 2002
Sport: Die plaaslike muurbalklub het die afgelope naweek weer as gasheer opgetree vir die baie gewilde Summit-uitdaag. Die titel was egter nie vir die plaaslike spelers beskore nie en is opgeraap deur die span van Polokwane.
835 0 Comments

Nog 'n rekord vir Marli

13 September 2002
Sport: Die skitterende atleet Marli Knoetze van Louis Trichardt Hoërskool het die afgelope naweek tydens 'n atletiekbyeenkoms in die Pilditch-stadion in Pretoria weer twee uitstaande eerste plekke behaal in die gewigstoot en diskus vir Meisies O/15.
752 0 Comments

Nooddienste beleef 'n stil Paasnaweek

25 April 2003
News: 'n Vergelyking met vorige jare het die plaaslike nood- en reddingsdienste 'n betreklike stil Paasnaweek beleef. Ten spyte hiervan het twee mense steeds hul lewens op die streek se paaie verloor
1463 0 Comments

Verdagte in moordsaak eers terug na Zimbabwe

17 May 2002
News: Alle aanklagte teen die 27-jarige Dennis Moyo van Zimbabwe, die man wat daarvan verdink word dat hy in Maart vanjaar die 51-jarige mnr. Rudi Schmidt op sy plaas vermoor het, is Donderdag (9de) in die plaaslike landdroshof voorlopig teruggetrek.
1038 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles