ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Eric Oosthuizen (27).

Inwoners stomgeslaan deur selfmoord

 

Die nuus van die skielike dood van die 27-jarige mnr. Eric Oosthuizen van Louis Trichardt het Maandag as groot skok gekom vir sy familie en vriende.

Mnr. Fanie Geyer, boesemvriend en werkgewer van Oosthuizen, het Dinsdag met hartseer vertel van die verlies van sy vriend.

Toe Eric nie Maandag om 07:00 vir werk by Big 5 Security opgedaag het nie, het Fanie, eienaar van die sekuriteitsmaatskappy, hom geskakel. Daar was egter geen antwoord nie. Om 07:50 het Fanie weer geskakel, maar steeds was daar geen antwoord nie. Dit was toe dat Fanie na sy huis gery het.

Daar aangekom, vertel Fanie, het hy gesien die voordeur is effens oop. Hy het ingestap en tot sy skok op sy vriend se liggaam afgekom. Hy het klaarblyklik selfmoord gepleeg.

“Ons was baie close gewees. Ons sou mekaar elke aand bel om te sê ´lekker slaap ou maat´,” vertel Fanie. In sy hand het hy Eric se selfoon vasgehou. Die laaste SMS-boodskap aan sy vrou was om 07:29 dié noodlottige oggend.

“Wil net sê ek is jammer oor alles. Sal altyd lief wees vir jou. Totsiens,” het die boodskap gelees. Die boodskap, sê Fanie, het egter nie deurgegaan nie, aangesien hy nie meer lugtyd gehad het nie. Buiten dié boodskap, het Eric geen brief agtergelaat nie. Die rede vir sy oënskynlike selfmoord is steeds duister.

Eric word oorleef deur sy vrou, Daleen, agt-maande-oue babaseun Dyllann en 3-jarige dogtertjie, Kayla. Hy word Vrydag, 14 Oktober, om 11:00 vanuit die Volle Evangelie Kerk op Louis Trichardt begrawe.

Plaaslike polisiewoordvoerder kapt. Maano Sadike het intussen bevestig dat die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek dossier geopen het met betrekking tot Eric se dood.

News - Date: 17 October 2011

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: