ADVERTISEMENT:

 

Die 29-jarige Karel Lotz tydens ´n vorige hofverskyning.

Lotz-verhoor begin eers volgende jaar

 

Die moordverhoor van die 29-jarige Karel Lotz sal eers volgende jaar op Louis Trichardt 'n aanvang neem.

Dié klag teen Lotz, wat tans in Polokwane woonagtig is, spruit uit ‘n voorval in Junie verlede jaar toe sy huismaat, mnr. Pedro Cisco le Grange (31), onder raaiselagtige omstandighede dood aangetref is op sy plaas Platkoppies naby Morebeng (Soekmekaar).

Lotz het Maandag hier in die landdroshof verskyn.

Le Grange se liggaam is in 'n plas bloed op sy kamervloer, oortrek met talle diep snywonde, aangetref. Hy het vermoedelik doodgebloei. Behalwe dat sy kamer rooi was van die bloed, is daar binne en buite die huis ook bloedspore gevind. Langs Le Grange se oorskot was die stukke van ‘n gebreekte teekoppie, ‘n stopverfmes en deel van iets wat vermoedelik ‘n tand is.

Lotz, wat eers in ‘n later stadium deur die polisie gearresteer is, moes ná Le Grange se moord behandeling ontvang vir wonde aan sy gesig. Met sy inhegtenisname het hy glo aan ondersoekbeamptes gesê dat Le Grange selfmoord gepleeg het.

Lotz is tydens sy eerste hofverskyning op 7 September verlede jaar in die Sekgosese hof op R3 500 borg vrygelaat.

Tydens Maandag se verskyning is Lotz se saak uitgestel tot 27 Maart volgende jaar, waarna sy verhoor sal begin. Sy saak is herhaaldelik hierdie jaar uitgestel omdat daar gewag is vir ‘n forensiese verslag rondom die bloedspatsels wat op die misdaadtoneel gevind is.

News - Date: 19 December 2011

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: