ADVERTISEMENT:

 

Vriende en familie is verheug om die 17-jarige Jamie (voor) weer terug by die huis te hê. By hom is MJ en Lenize Badenhorst. Foto verskaf.

Jamie weer by die huis

 

Familie en vriende van die 17-jarige Jamie Badenhorst is verheug om hom weer terug by die huis te hê.

Jamie, ‘n Graad 11-leerling van die Hangklip Akademie in Makhado (Louis Trichardt) het in Junie sy linkerbeen verloor ná ‘n vierwiel-motorfietsongeluk. Hy was vir meer as ‘n maand en ‘n half in die hospitaal in Polokwane, waar hy aangesterk het.

Jamie het op 20 Junie saam met twee vriende op ‘n grondpaadjie vanaf die Spiesdam met hul vierwiel-motorfietse (quad bikes) gery, toe hy met ‘n padroller gebots het. Dit het as ‘n groot skok gekom vir familie en vriende toe daar besluit is om sy linkerbeen tussen die heup en knie te amputeer.

Sedertdien het Jamie goed aangesterk en is hy hierdie week weer terug by die huis. Sy ouers, Hein en Sanette Badenhorst, het al hul vriende en familie bedank wat hulle getrou bygestaan het in hierdie tyd. Daar was ook ‘n paar name wat hulle uitgesonder het, naamlik Lindie Badenhorst, Moodie Badenhorst, Tanya en Pieter Lordon, Lenize Badenhorst en MJ Badenhorst en Oom Dries en die motorfietsklub.

“Dankie aan almal wat daagliks vir my SMS'e en boodskappe gestuur het, dit hou my positief. Daar is nog ‘n lang pad vorentoe, maar ek weet met my vriende en familie wat my bestaan, sal ek dit regkry,” het Jamie gesê.

News - Date: 21 August 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: