ADVERTISEMENT:

 

Foute sluip steeds in op munisipale rekenings

 

News  Date: 21 October 2005

 

Met die oopskeur van die maandelikse kragrekening, moet daar deesdae suikerwater byderhand gehou word … dit is nou vir die skok!

Hierdie keer was dit ‘n rekeninghouer in Krugerstraat wat die slagoffer was van ‘n skokrekening van meer as R13 000 vir September. Dié huishouding se normale rekening is net oor die R600.

Die Makhado Munisipaliteit se Direkteur Korporatiewe Dienste, mnr. Peter Magwala, het Dinsdag gesê dat hy mense wat ‘n “onverstaanbare” rekening ontvang, aanmoedig om die munisipaliteit se finansiële departement te nader. Kommerwekkend is egter die feit dat klagtes oor foutiewe rekeninge met reëlmaat jaar in en jaar uit voorkom.

Die Departement Finansies van die munisipaliteit stem saam dat een fout in ‘n finansiële departement een fout te veel is.

“Alhoewel ons so akkuraat as moontlik werk wanneer ons data op ons sisteem aanbring, sal die moontlikheid van ‘n menslike fout altyd daar wees,” lui die verklaring.

Die meterlesingsisteem word ook al vir ‘n geruime tyd geblameer vir baie van die foute op rekeninge. Mnr. Magwala sê dat ‘n abnormale lesing die gevolg van verskillende faktore kan wees, soos ‘n foutiewe meter of ‘n lek in die pyplyn van die rekeninghouer.

Die meterlesing word tans uitgekontrakteer. Die Raad kyk steeds na die instelling van ‘n eie meterlesingafdeling, maar dit nader nog nie voltooiing nie. Amptenare van die finansiële departement sleutel die meterlesings wat deur die meterlesers verskaf word, in die sisteem in.

Mnr. Magwala sê dat die Raad hul bes sal doen om die voorkoms van foute op rekeninge te verminder. "Ons is ook van plan om ons rekeningsisteem gereeld op te gradeer," sê Magwala.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines