ADVERTISEMENT:

 

SA rekord vir Marli

 
LOUIS TRICHARDT – Een van die streek se mees belowende jong sportsterre, Marli Knoetze van Hoërskool Louis Trichardt, het Woensdag (13de) 'n nuwe Atletiek Suid-Afrika-rekord opgestel in die skyfwerp vir DO/15 met 'n gooi van 42,19 meter.

Marli het die rekord opgestel tydens Hoërskool Noordheuwel se jaarlikse Top Tien-byeenkoms by die Ruimsig Stadion op Roodepoort. Altesaam 33 skole van regoor die land het elk hul beste tien atlete na die byeenkoms gestuur. Haar rekordafstand met die een kilogram diskus was ook 'n nuwe Top Tien en Sentraal Gauteng rekord vir DO/15. Dit volg kort op die hakke van haar nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord van 41,78 meter wat sy aan die begin van die maand gegooi het tydens 'n atletiekbyeenkoms op Louis Trichardt. Die huidige USSASA-rekord staan op 41,72 meter.

Marli het ook tydens die Top Tien byeenkoms 'n tweede plek ingepalm in die gewigstoot vir DO/15, met 'n persoonlike beste afstand van 13,30 meter met die vier kilogram gewig.

Tot almal se verbassing het Marli tydens die ABSA Prestige-byeenkoms verlede Vrydag (15de) in Pietersburg, weer 'n nuwe nie-amptelike rekord opgestel in die skyfwerp vir DO/15 met 'n gooi van 43,40 meter. Die rekord word egter nie erken nie, aangesien daar nie aan al die administratiewe vereistes vir die gooi voldoen kon word nie. Sy het ook eerste geëindig in die gewigstoot vir DO/15 met 'n afstand van 12,64 meter.

Sport - Date: 22 February 2002

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: