ADVERTISEMENT:

 

Die witrenosterbul wat ´n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys van R400 000 behaal het op die jongste wildsveiling op Hoedspruit.Die katalogusveiling is behartig deur die plaaslike veteraan-afslaer Mnr. Willie Roux.

Rekordprys vir wit renoster

 

‘n Suid-Afrikaanse rekordprys van R400 000 is op die jongste wildveiling op Hoedspruit vir ‘n witrenosterbul betaal. ‘n Omset van meer as R3 miljoen is op die veiling op 15 Junie behaal. Willie Roux van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.

Die rekordprys is betaal vir een van vyf manlike witrenosters wat vir ‘n gemiddelde prys van R214 000 per katalogus verkoop is. Twee witrenoster teelgroepe het gemiddeld R188 750 behaal, met ‘n hoogste prys van R190 000.

Onder die altesaam 84 diere wat op die veiling per katalogus aangebied en verkoop is, was drie bastergemsbokke wat gemiddeld R82 500 behaal het; 45 (rooilyn) buffels vir gemideld R15 000; twee Lichtenstein hartbeeste vir gemiddeld R60 000; 12 seekoeie vir gemiddeld R20 333 (met ‘n hoogste prys van R22 000); drie swartwitpense vir gemiddeld R31 667 en ‘n hoogste prys van R35 000; tien vlakvarke vir R850 elk en twee vaalboskatte vir R1 200 elk.

Die omset vir die veiling per katalogus was R2 839 900.

Vir die veiling in hokke is 44 diere vir altesaam R394 850 verkoop.

Vyf swartwitpensbulle is verkoop vir R16 000 elk; 17 Livingstone Elande het gemiddeld R12 779 behaal, met ‘n hoogste prys van R13 000. Vyf Livingstone elandbulle het elk R6 000 behaal;’n Njalabul is verkoop vir R7 500; vier Waterbok teelgroepe is vir gemiddeld R5 000 verkoop, terwyl twee waterbokbulle elk R4 800 behaal het. Sebra teelgroepe het ‘n gemiddelde prys van R4 300 behaal.

News - Date: 22 June 2007

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

Email:

ADVERTISEMENT: