ADVERTISEMENT:

 

Johan Dreyer wat Woensdag skuld erken het op vier aanklagte van kindersmolestering.

Bekende erken hy het met meisies gelol

 
‘n Bekende in plaaslike sake- en sportgeledere op Makhado (Louis Trichardt), Johan Dreyer, het Woensdag in die plaaslike streekhof skuld erken op vier klagte van kindermolestering.

Dreyer is begin Augustus gearresteer op klagte dat hy vier meisies, almal ongeveer 12 jaar oud, gemolesteer het. Drie van die meisies het onder mekaar en met hul ouers gaan praat, waarna Dreyer self ‘n erkentenis by die vierde meisie se ouers gaan maak het toe sy optrede in die ope begin kom het.

Tydens Dreyer se verskyning in die hof op Woensdag het ‘n deskundige op die gebied van kindermolestering, dr. Vollie Spies, getuig dat Dreyer self op 7-jarige ouderdom gemolesteer is. Dié skok-inligting het klaarblyklik vir die eerste keer na vore gekom tydens een van die sessies wat dr. Spies met Dreyer gehad het.

Sy is van mening dat dit die direkte oorsaak en rede is waarom hy die meisies gemolesteer het.

Alhoewel die Staat vra vir tronkstraf, het dr. Spies aangevoer dat tronkstraf nie die oplossing sal wees vir Dreyer se probleem nie. Sy sê Dreyer sal nie as gevangene genees kan word nie en het ‘n uitgestelde vonnis voorgestel sodat Dreyer kan gaan vir rehabilitasie en evaluering.

Die Staat het weer baie aandag gegee aan die impak wat Dreyer se dade op die meisies se lewens het. Impakstudies op drie van die dogters is ingehandig. Dit is duidelik dat die meisies almal berading sal moet ontvang.

Dreyer se saak is uitgestel tot Vrydag, 29 September vir vonnisoplegging. Dr. Suwil Rudolph tree op vir die verdediging, terwyl aanklaer Hilke Janse van Rensburg optree vir die Staat. Die voorsittende beampte in die saak is streeklanddros mev. Marie Viljoen.

News - Date: 22 September 2006

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: