ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Hennie Kloppers (74). Foto verskaf.

Oud-burgemeester van Musina oorlede

 

Familie en vriende het gedurende Desember met hartseer afskeid geneem van mnr. Hennie Kloppers (74), ‘n oud-burgemeester van Musina.

Kloppers is op 13 Desember na ‘n lang siekbed oorlede. Hy en sy oorlede eggenote, Annatjie, was woonagtig in Musina vanaf die vroeë sestigerjare.

Kloppers begin werk as boekhouer vir oorlede mnr. Hugh Sheldon van Sheldon en Prinsloo. Gedurende die sewentiger jare neem Kloppers die firma by Sheldon oor. Hy doen boeke tot in 2001, waarna hy die firma verkoop aan mnr. Jan Hofmeyr. Hy hou egter aan om boeke vanaf die huis vir ‘n paar kliënte te doen tot in 2008, waarna sy oë hom in die steek laat en hy finaal op pensioen gaan.

Kloppers het ook vanaf 1969 tot 1995 as raadslid op die destydse Messina Munisipale Raad gedien. Vanaf 1972 tot 1987 word hy ook vier keer as burgemeester van dié grensdorp verkies, asook vanaf 1971 tot 1986 vier keer as voorsitter van die Raad se bestuurskomitee. Hy het in 1995 as raadsheer van die munisipaliteit bedank.

Kloppers het ook vir vier dekades op die kerkraad van die Hervormde Kerk in Musina gedien. Hy was ‘n ywerige sportman en het vir die dorp ringtennis gespeel, asook haker vir die dorp se rugbyspan gedurende die sestigerjare.

‘n Roudiens is op 19 Desember vanuit die Hervormde Kerk Messina-gemeente vir wyle mnr. Kloppers gehou onder leiding van ds. Rademeyer. Hy word oorleef deur twee dogters, Trudie en Anja, drie kleinkinders en twee agterkleinkinders.

News - Date: 23 January 2012

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: