Slanggif beskikbaar, maar verkieslik deur dokter toegedien

Article graphic

Date:

23 January 2012

Read:

49 0,0,1,0,0,0,0

Print

Ná die nuus dat ‘n jong meisie van Lephalale op 19 Desember twee keer op ‘n plaas deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is en steeds mediese behandeling moet ontvang, het verskeie boere navraag gedoen oor die beskikbaarheid van slanggif en die moontlikheid om dit op hul plase aan te hou.

Ook in die Soutpansberg is slange nie ‘n ongewone verskynsel nie, veral gedurende die warm somermaande. 

Lin Media het reptiel- en slangkenner Arno Naudé genader vir raad. Naudé is nie net voorsitter van die Transvaal Herpetologiese Vereniging nie, maar ook ‘n dosent by die Universiteit van Pretoria se mediese afdeling.

“Die enigste slang met sy eie teengif is die uiters giftige boomslang. Adders, kobra’s en mambas deel dieselfde teengif,” verduidelik hy. “Hierdie teengif word in ampules van 10ml elk uitgereik, teen ‘n gemiddelde koste van R750 per ampulle, en ‘n tipiese slangbyt van ‘n giftige slang soos die Mosambiekse spoegkobra of ‘n mamba vereis ten minste 80ml tot 100ml teengif.” Hy het bygevoeg dat teengif toegedien word om die hoeveelheid slanggif teen te werk en nie op grond van die slagoffer se gewig nie.

Naudé se raad aan boere is dat hulle klein groepies van  tien vorm en elkeen R750 bydra tot ‘n ampulle. Die ampules word dan by ‘n spesifieke plaas gehou.

“Indien iemand gepik word en dit is ‘n noodgeval, is daar dan teengif beskikbaar en kan deur die slagoffer vervang word wanneer hy gesond is.” Teengif kan nie net menselewens red nie, maar ook diere soos beeste, honde en perde s’n.

Naudé raai egter nie aan dat die teengif self toegedien word nie – na ‘n slangbyt is daar genoeg tyd, selfs in die geval van ‘n mambabyt, om by ‘n hospitaal uit te kom en dan met die hulp van ‘n dokter die teengif toe te dien.

“Die rede hiervoor is omdat daar ‘n 10% kans is dat die slagoffer allergies vir die teengif kan wees en dan in ‘n anafilaktiese skok kan ingaan wat sy dood kan veroorsaak – dokters word opgelei en weet hoe om sulke situasies te hanteer,” het Naudé gesê. (Lin Media / Noordelik Nuus)

to comment you need to login first - Login

Kommer oor uitbraak van hondsdolheid

09 June 2006
News: Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, het boere in die Soutpansberggebied dringend gewaarsku dat daar hondsdolheid uitgebreek het in die Sibasagebied en vinnig oos, wes en suid versprei het. Boere in veral die Sibasa-, Levubu- en Louis Trichardtgebiede moet uiters oplettend en versigtig wees.
1175 0 Comments

Wildstropers baie bedrywig in Musina-distrik

17 June 2005
News: Wildstropery en wilddiefstal is aan die toeneem in die hele Musina distrik, aldus mnr. Adriaan Potgieter, streeksbestuurder van die Musina-tak van SPOOR (Specialised People On Our Reconnaissance).
897 0 Comments

Wie betaal die prys van grondhervorming, vra SDLU

10 September 2010 By Andries van Zyl
News: “Daar is ‘n donker, vernietigende, negatiewe kant aan die herverdeling van grond.” So het mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie gereageer met betrekking tot grondeienaars wat goedsmoeds hul plase aan die regering verkoop.
612 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles