

ADVERTISEMENT:

News Date: 23 May 2013
Die wet van Transvaal is &#@ en betaal en betaal sal die Vhembe Distriksmunisipaliteit maar moet.
In 2008 het dié distriksmunisipaliteit die stootskrapers en laaigrawe ingestuur om ‘n pad te teer na die Tshamutumbu polisiestasie naby Masisi. Op sigwaarde ‘n eerbare poging, want ‘n mens wil mos vinnig by die polisie kan uitkom as die nood druk. Die enigste probleem was dat die pad verby mnr. Manie van der Westhuizen se tamatielande geloop het, met die Van der Westhuizens wat al vir jare die grond vanaf die Staat huur.
“Hulle [Vhembe] is herhaaldelik gewaarsku dat hulle die oes gaan beskadig vanweë die baie stof,” het mnr. Hennie Erwee van Erwee Prokureur Ingelyf van Musina gesê.
Hul waarskuwings het egter op dowe ore geval en in 2010 is daar met ‘n regsproses begin om skadevergoeding van die munisipaliteit te eis.
Die saak het tot in die Hooggeregshof gevorder, waar dit op 7 Mei vanjaar deur regter G. Webster in die Thohoyandou Hooggeregshof aangehoor is. Nadat dit aangehoor is, het die twee partye (Van der Westhuizen en Vhembe) afgestaan en tot ‘n skikking gekom. Dié skikking het op 13 Mei ‘n amptelik hofbevel geword en bepaal dat Vhembe ‘n bedrag van R450 000 in vergoeding ten opsigte van oesskade aan Van der Westhuizen moet betaal voor 30 Junie vanjaar. Verder moet Vhembe Van der Westhuizen se regskoste help dra, asook die koste van die twee uitstelle.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
