

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 24 August 2007
Die Turbi Hills bergfietswedren wat Saterdag op Louis Trichardt aangebied is, het weer gewys dat die sportsoort in gewildheid toeneem en dat die Soutpansberg-omgewing beskik oor ‘n skatkis vol asemrowende mooi roetes.
Die resies, wat deur die plaaslike Moths aangebied is, het baie komplimente van veral besoekers gelok oor die puik reëlings en aanwysings. Drie wedrenne, naamlik ‘n 80km-, 40km- en 10km-roete, is aangebied op ‘n roete wat oor groot dele van die Soutpansberg gestrek het.
In die 80 kilometer wedren het Brian Gardner min probleme ondervind en die roete in 03:39:02 voltooi, bykans ses minute voor Stefan Horn (03:44:54). Dylan Chilcott was derde in 03:58:14. Sarel Lubbe was in die vierde plek en ook die eerste plaaslike jaer oor die wenstreep in 04:13:03. Nog ‘n plaaslike jaer, Casper Venter, was vyfde in 04:22:31.
Die eerste vrou oor die wenstreep was ‘n plaaslike jaer, Sarah Venter. Sy het die 80km in 04:43:49 voltooi en was algeheel agste.
In die 40km resies het C. de Klerk eerste geëindig in 01:42:45. ‘n Plaaslike jaer, Glen McLeod, was tweede in 1:44:47 met F. Eksteen in die derde plek in 01:44:48. D. van Niekerk (01:57:12) was vierde en Bruce Murray (01:59:29) was vyfde.
Die 10km wedren is gewen deur R. Cartwright in 00:34:15. A. Albertse was tweede (00:35:21) en Jordan McLeod was derde in 00:47:46.
Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

ADVERTISEMENT:
