Geesdriftige opkoms na jaarlikse Geloftefees

Die A. H. Potgieter monument in die Schoemansdal begraafplaas was weer tydens die jongste Geloftefeesverrigtinge die middelpunt van die kransleggingseremonie.

Date:

26 December 2011

Read:

294 0,0,0,0,0,0,1

Print

Te midde van nat koue weer is die Geloftedagviering op die  Schoemansdal Feesplaas by Louis Trichardt vanjaar weer gekenmerk deur ‘n geesdriftige opkoms van digby 200 feesgangers.

Die Geloftediens is behartig deur ds. Hans Grobler van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt. Met die tema Die Here haal my nie uit die storm nie, maar rus my toe om te roei het hy beklemtoon dat daar nie hemel op aarde aan gelowiges beloof is nie. Te midde van teleurstellings, verlies en vrees, word gelowiges deur Sy teenwoordgheid bemagtig en bemoedig, sodat hulle nie moedeloos hoef te raak en nie deur vrees verlam word nie, maar as toegeruste gelowiges moedig en doelgerig met hul dagtaak kan voortgaan en in geloof selfs die oënskynlik onmoontlike met vertroue kan aandurf.

In die Geloftefeesrede het mnr. Fanus Viviers gewys op die verskil tussen ‘n verbond en ‘n gelofte en die belangrikiheid daarvan beklemtoon om ‘n gelofte gestand  te doen. In ‘n oorsig van die Bloedrivier-gebeure het hy verwys na die deeglike fisiese en geestelike voorbereiding wat die botsing tussen ‘n skrale minderheid gelowiges en ‘n oormag van derduisende voorafgegaan het. Hiermee saam het hy verwys na die Goddelike beskikking in die omstandighede, wat gelei het tot verstommende welslae in wat hy beskryf het as die grootste enkele veldslag wat nog in Afrika plaasgevind het. Hy het gesê “Die God van Bloedrivier is vandag nog dieselfde.”

Die feesverrigtinge het die oggend begin met die aankoms van ‘n perdekommando, wat ‘n afskrif van die Gelofte aan feeskomitee voorsitter Abrie Wepener oorhandig het, gevolg deur ‘n vlaghysing. Na afloop van die Geloftediens is kranse op grafte in die begraafplaas langs die feessaal gelê.

Onder die talle feesgangers was die oudste oorlewende voorsitter van die feeskomitee, Oom Pieter de Vaal, voormalige prokureur, historikus en bekende skilder.

to comment you need to login first - Login

"Skattige" Kia Sportage wys staal by 4x4-ekspedisie

04 October 2002
News: Die N.G. Kerk Soutpansberg-gemeente se sewende jaarlikse 4x4-ekspedisie het die afgelope naweek weer vir 'n onvergeetlike ervaring gesorg met talle van die streek se 4x4-entoesiaste wat 'n iewat nat en modderige Soutpansberg aangedurf het.
803 0 Comments

Reën, reën, yskoue reën

24 October 2003
News: Die welkome reën wat die afgelope week oor groot dele van die streek uitgesak het, het opnuut hoop gebring vir die droogtegeteisterde Limpopo Provinsie. Dit was te danke aan 'n ysige koue front wat ongekend is vir Oktobermaand.
1073 0 Comments

Site Navigation

Written By

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

Recent Author Articles