Canon gooi steun agter Limpopo-blasers

Mnr Johan Parsons oorhandig nuwe uitrustings aan mnr Johan Venter, voorsitter van die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging. (Foto: Jean Aucamp).

Date:

27 January 2012

Read:

167 0,1,0,1,1,1,2

Print

Die Limpopo Blou Bulle Skeidsregtersvereniging het Saterdag hul jaarlikse bosberaad in Polokwane gehou en ook ’n welkome finansiële hupstoot vir die nuwe seisoen ontvang.

Mnr. Johan Parsons, die direkteur van die Canon Business Centre in Polokwane, wat die vereniging se hoofborg is, het bevestig dat Canon vanjaar hul vennootskap met die skeidsregters gaan voortsit. As deel van die drie-jaar-lange vennootskap het Canon verlede jaar nuwe uitrustings aan die skeidsregters voorsien. Vanjaar bestaan die borgskap uit geld.

Die vereniging het vanjaar ’n klompie nuwe lede bygekry en Canon se borgskap maak dit moontlik om ook aan hulle splinternuwe uitrustings te voorsien.

Parsons het weer bevestig dat dit vir Canon ’n voorreg is om by rugby betrokke te wees en dat die Limpopo Skeidsregtersvereniging hulle trots maak. Hulle sien uit na nog ’n seisoen, wanneer skeidsregters hul naam op die veld gaan dra. (LiN Media / Bulletin).

to comment you need to login first - Login

Drie plaaslike rugbyspelers in Limpopo-span

10 October 2003
Sport: Vir die eerste keer sedert 1994, toe die destydse Verre-Noord uitgefaseer is, is daar op 23 Augustus vanjaar twee volwaardige Limpopo-spanne (ou Verre Noord), 'n senior en O/23-span, aangewys.
896 0 Comments

Bloues struikel in finaal

24 September 2004 By Andries van Zyl
Sport: Alhoewel die dorp se eerste rugbyspan hul wedstryd in die finaal van die Blou Bulle Plattelandse liga (Limpopo) verloor het, is ondersteuners dit eens dat die span besonders goed gevaar het.
1219 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles