ADVERTISEMENT:

 

Jamie Badenhorst was Woensdag steeds in die hoësorg-eenheid van die MediKliniek in Polokwane, nadat sy linkerbeen ná ‘n ongeluk met sy vierwiel-motorfiets geamputeer moes word. Foto: Facebook.

Seun se been geamputeer ná motorfietsongeluk

 

‘n Jong inwoner van Makhado (Louis Trichardt), die 17-jarige Jamie Badenhorst, se linkerbeen moes Maandag geamputeer word, na ‘n ongeluk met sy vierwiel-motorfiets.

Jamie, ‘n Graad 11-leerling van die Hangklip CVO skool en seun van Hein en Sanette Badenhorst,  het Vrydagmiddag saam met twee vriende met hul vierwiel-motorfietse (quad bikes) besoek afgelê by die Spiesdam. Later die middag het hulle via 'n grondpaadjie teruggery huistoe. In ‘n stadium moes hulle egter die Sithumule-pad, naby Limpopo Melkery, kruis. Hier het hulle langs die teerpad op die padreserwe gery.

“Niemand weet wat presies gebeur het nie. Jamie kan ook nie onthou nie,” het ma Sanette Woensdag aan die Zoutpansberger gesê.

Jamie het agter sy twee vriende gery. In ‘n stadium het hulle agtergekom hy is nie meer agter hulle nie en het omgedraai om na hom te gaan soek. Tot hul skok het hulle ‘n erg-beseerde Jamie langs die pad gekry. Dit wil voorkom asof hy vir iets of iemand moes uitswaai, waarna hy met ‘n onbemande padroller gebots het. Die ongeluk het omstreeks 16:45 plaasgevind.

Die jong Jamie is, nadat hy in die Zoutpansberg Privaathospitaal gestabiliseer is, dieselfde aand oorgeplaas na die MediKliniek in Polokwane. Daar is sy wonde skoongemaak, waarna medici 48 uur gegee het om weer die graad van sy beserings te evalueer. Dit het as ‘n groot skok gekom vir familie en vriende toe daar Maandag besluit is om sy linkerbeen, tussen die heup en knie, te amputeer.

“Hy het vreeslik baie bloed verloor met die ongeluk en die operasie en kry steeds bloed,” het Sanette gesê.

Teen druktyd was Jamie steeds in die hoësorg-eenheid van die MediKliniek in Polokwane. Sanette was onseker hoe lank Jamie daar sou wees, en het aangedui dat hy Maandag weer teater toe sal moet gaan vir ‘n operasie.

Intussen het ‘n vriend van die familie, me. Tanya Lordan, aangedui dat sy in die proses is om ‘n hulpfonds vir Jamie en sy ouers te stig. Inwoners wat graag ‘n bydrae wil lewer ten opsigte van die fonds kan vir Tanya skakel by tel. 082 771 4091.

News - Date: 27 June 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: