ADVERTISEMENT:

 

Vrae oor jong man se selfmoord

 
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Meer as ‘n jaar na die dood van die 19-jarige Deon van Zyl is sy familie steeds daarvan oortuig dat hy nie selfmoord gepleeg het nie.

Die 19-jarige Deon se lyk is op 29 November, 2003, in ‘n oop stuk veld gevind waar dit aan ‘n lae tak gehang het. Tog sê die familie dat hulle gemene spel vermoed.

“Hy was ‘n dierbare seun met tienerprobleme wat opgelos kon word,” sê sy ouers.

By navraag hierdie week het ‘n hofverteenwoordiger gesê dat daar wel aspekte rondom die saak is wat vrae laat ontstaan of Deon wel selfmoord gepleeg het.

“Mits iemand na vore kom met die volle waarheid oor sy dood, inaggenome die aard van sy beserings, sal daar altyd vrae wees,” het die verteenwoordiger genoem. Die verteenwoordiger het verder bygevoeg dat ‘n geregtelike ondersoek geloods kan word indien daar nuwe inligting na vore kom, maar tot dan word die ondersoek as gesluit beskou.

“Na aanleiding van die onverklaarbare dood van ons seun en broer, waar die opskrif in die koerant gelees het ‘Ek eindig my hel,’ wil ons net ‘n regstelling maak,” skryf die steeds bedroefde familie. Hulle sê die opskrif moes lees “My hel is vir my beëindig”.

News - Date: 28 January 2005

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: