ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Leraar se saak word weer uitgestel

 

Die kriminele saak teen ’n leraar van Makhado (Louis Trichardt) is vir ‘n tweede keer uitgestel.

Die saak teen dr. Philip Arnoldus Venter is verlede Donderdag in die Louis Trichardt Distrikshof in sy afwesigheid weer uitgestel. Die rede, volgens wat die koerant kon vasstel, is dat die hofrol onvoorsiens oorbelaai was met ander sake. Daar was Donderdag nie tyd om Venter se deelsverhoor aan te hoor nie, en al die getuies wat nog in die saak moes getuig is huis toe gestuur.

Venter staan tereg op ‘n klag van bedrog en drie klagte wat verband hou met oortredings van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000).

Volgens Venter se klagstaat hou die klag van bedrog verband met ‘n voorval in April 2006. Venter het na bewering onder valse voorwendsels besit geneem van drie vuurwapens van mev. Cecile Steyn, nadat hy glo voorgegee het dat hy die nodige magtiging gehad het om die wapens te neem. Die wapens het intussen vermis geraak.

Venter het in Junie laas in die hof verskyn, en sy saak is toe uitgestel na 21 Augustus omdat sy regsverteenwoordiger, adv. Neil Duvenhage, siek was.

Indien Venter se saak Donderdag sou voortgaan, sou kol. Bez Bezuidenhout van die polisie se plaaslike vuurwapenafdeling vir die Staat getuig het oor die ondersoek teen Venter. Sy getuienis sou na verwagting die hele dag duur, waarna die Staat ten minste nog drie ander getuienis sou roep en dan hul saak sou sluit.

Venter se verhoor is uitgestel tot en met 25 September.

News - Date: 29 August 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: