ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Sakelui moet ook na waardasies kyk

 

Eienaars van eiendomme het nog tot 30 April kans om besware in te dien as hulle nie saamstem met die waardasie van hul eiendomme nie.

Persone wat sakepersele besit, word ook aangeraai om vas te stel of hul eiendomme reg gewaardeer is. Een onderneming wat voorheen gewaardeer was vir R1.5m en 'n maandelikse belasting van R1137.50 betaal het, is nou gewaardeer vir R2 610 000. Die eiendomsbelasting daar sal nou waarskynlik opskuif na R25 056 per jaar, oftewel  R2 088 per maand.

Waardasies van sake-eiendomme op twee agtereenvolgende bladsye in die waardasierol is getrek om ‘n idee te vorm van die waardasies waarop hulle munisipale belasting sal moet betaal. Die ondernemings op dié bladsye se waardasies  het gewissel tussen R1.12m en R26.5m. Die gemiddelde waardasie  was R12m, wat ‘n maandelikse belasting van R9600 sou meebring. Die verwagte tarief vir ondernemings vanaf Julie is in die omgewing van  .0096, wat met die nuwe waardasie vermenigvuldig word en dan deur 12 gedeel word om die maandelikse eiendomsbelasting te kry.

Op ‘n verdere bladsy word die hoogste waardasie op die rol aangetref, naamlik R30m vir die Solly Noor Eiendomme se  Krugerstraat 106-eiendom. Die totaal van die waardasies vir agt besigheidseiendomme van  Solly Noor Eiendomme en Solly Noor Trust saam is R100.4m. Die eiendomsbelasting daarop sou per jaar net onder R1m (R963,840) kon beloop.

Besighede wat vir onder R1m gewaardeer is, is skaars. Hier en daar lyk dit op die oog af of ‘n paar besigheidspersele heeltemal ondergewaardeer is, soos een stel kantore in Krugerstraat wat vir R80 000 gewaardeer is en ander kantore daar naby vir R5.8m.

Professionele waardeerder en prokureur dr. Suwil Rudolph raai sakepersone aan om hulle eiendomswaardasies na te gaan en ‘n professionele waardasie saam met hul beswaar in te dien, indien nodig. Hy het gesê dat waardasies van sake-eiendomme nie iets is wat sommer uit die duim gesuig kan word nie. “Daar word ‘n ander waardasie-metode by ondernemings gebruik. By ondernemings is die ligging absoluut krities en die kapitalisasiekoers moet bereken word. Die eienaar van die sakeperseel wil ‘n sekere persentasie opbrengs uit sy perseel hê. Hoe groter die risiko, hoe hoër die opbrengs of kapitalisasiekoers. ‘n Besigheidsgebou wat ‘n uitstekende ligging het, soos op die hoek van Songozwi en Kroghstraat, sal nie leegstaan nie en daar is die kapitalisasiekoers miskien 10%. Maar in die nywerheidsgebied waar baie persele leeg staan, wil die eienaar ‘n hoër kapitalisasiekoers hê, want sy risiko is groter,” het Rudolph gesê.

News - Date: 31 March 2014

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

Email:

ADVERTISEMENT: