NG Levubu basaar

From: 13 September 2014 at 08:30 AM

Location: NG Kerk Levubu-gemeente kerkterrein

Details:

Die NG Kerk Levubu-gemeente gaan op Saterdag, 13 September, vanaf 08:30 lekker boerebasaar hou op hul kerkterrein en almal is welkom om te kom deel in die feestelikhede.

Heerlike middagete, wat behels ‘n skaap en vark spitbraai, potbrode, slaaie, pap-en-sous en heerlike “basaarpoeding” sal vanaf 12:00 beskikbaar wees. Kaartjies hiervoor kan vooraf gekoop word by Marli Beetge in Levubu by tel. 082 833 6637, en in Makhado (Louis Trichardt) by Elize Venter (079 884 4977) of Adri Venter (071 491 2850).

Buiten die lekker middagete, kan daar ook rondgesnuffel word vir ‘n winskopie by die talle stalletjies. Dit sluit in ‘n plaasstal (groente en vrugte), teetuin (met varsgebakte koek, vrugtesappe, tee en koffie), koektafel, vleistafel en plantstalletjie.

Dan is daar ook vetkoek en maal­vleis, worsbroodjies, stokworsies, pannekoek, Hansie en Grietjie-snoepie vir die kleingoed, mengelmoes kardoes tafel, fototafel en wit-olifant tafel. Daar is ook hope pret en speletjies op die program.

Upcoming events

Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun