Drie-Spesie-Hengelkompetisie

From: 25 October 2014 at 05:00 AM

Location: Groot privaatdam op die Witvlag-pad

Details:

Met die hengelseisoen om die draai is dit weer tyd om die katrolle af te stof en in te skryf vir die NG Kerk Soutpansberg se Drie-Spesie-Hengelkompetisie op 25 Oktober.

Die kompetisie word aangebied by ‘n groot privaatdam op die Witvlag-pad en goeie vangste word voorspel, aangesien die dam nie oop is vir die publiek nie en op eenmalige vergunning beskikbaar gestel word. Deelname kos R150 per persoon en daar sal geen onderskeid getref word tussen mans, vroue en kinders nie – almal neem op gelyke voet deel.

Die drie spesies wat gehengel sal word, sluit in swartbaars, kurpers en babers met prysgeld vir die swaarste, tweede swaarste en derde swaarste vis in elke kategorie. (R1000 eersteplek, R500 tweedeplek en R300 derdeplek).

Die kompetisie duur van 05:00 tot 16:00.

Vir meer inligting en kaartjies, skakel Andries van Zyl by tel. 082 603 2419 of Rudolph Botha by 084 366 9983.

Contact Person: Andries van Zyl

Tel: 082 603 2419

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun