NG Kerk Soutpansberg vier 60ste verjaardag

From: 28 November 2014

Until: 30 November 2014

Location: NG Kerk Soutpansberg kerkterrein, Makhado (Louis Trichardt)

Details:

Vanaf 28 tot 30 November gaan die feesvure hoog brand by die NG Kerk Soutpansberg-gemeente met die viering van die gemeente se 60ste verjaardag.

‘n Naweek van groot pret is op die spyskaart en inwoners is welkom om te kom deel in die genot.

Verrigtinge skop op Vrydag, 28 November, af met ‘n vingerete (kaas, wyn en biltong) met gasspreker dr. Gustav Gouws in Hoërskool Louis Trichardt se skoolsaal. Vermaak sal verskaf word deur die alombekende sang duo Pieter West en Dewald von Solms van die groep Von West. Kaartjies vir die geleentheid, wat om 19:00 begin, kos R150 per persoon (tafels van 10). Wyn sal te koop wees.

Saterdag (29ste) duur die feesvieringe voort met die hou van ‘n kersmark op die gemeente se kerkterrein vanaf 08:00. Daar sal oorgenoeg te eet en te drinke wees, asook stalletjies met allerhande snuisterye. Weereens sal Von West die vermaak verskaf en vanaf 14:00 begin die spitbraai. Kaartjies vir die spitbraai kos R50 per persoon en sluit bykosse in. Daar gaan lekker gedans word en wyn, bier en koeldrank sal verkoop word.

Die naweek se aktiwiteite sluit Sondag (30ste) af met ‘n Sondagoggend erediens om 09:00 met dr. Gouws as prediker, gevolg deur ‘n teetuin, lekker kuier  en inwyding van die “Gedenktuin” op die kerkterrein ter viering van die gemeente se 60ste verjaardag.
Persone wat graag ‘n stalletjie wil bekom, kan een bespreek teen R100 per stalletjie.

Vir stalletjies en kaartjies vir die Vrydagaandprogram, skakel Thea weeksdae vanaf 08:00 tot 16:00 by die kerkkantoor by tel. 015 516 4366.

Contact Person: Kerkkantoor

Tel: 015 516 4366

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun