Vrouekamp met 'n verskil

From: 07 May 2015

Until: 05 June 2015

Location: Northwich Game Range, Waterpoort

Details:

‘n Vrouekamp met ‘n verskil word vir die naweek van 5 tot 7 Junie by Northwich Game Range (Waterpoort) beplan.
Alhoewel die kamp gerig is op geestelike genesing, gaan die vrouens interaktief meewerk aan hul eie genesing deur middel van kunsterapie. Met ervare begeleiding deur dr. Hennie en Elna Kotze  en ‘n verskeidenheid  kuns-opdragte, asook die inwerking van die Heilige Gees, gaan die uniekheid van die lewe weer herontdek word. “Kuns sal gebruik word as ‘n proses. Niemand hoef kunsopleiding te hê of selfs kunstig te wees nie. Dit gaan suiwer oor die proses van genesing en glad nie oor die produk nie,” sê die organiseerders. Op Sondagoggend, 7 Junie, gaan Betsie Joubert die dames bedien.
Belangstellendes moet egter gou bespreek aangesien daar slegs plek is vir elf persone. Bespre­kings kan gedoen word tot en met 1 Junie teen R900.  Alle kunsbenodigdhede, etes en verblyf is ingesluit.
Vir meer inligting, skakel Liezel Botes (082 457 8904), Naomi Botes (084 557 8904) of Elna Kotze (082 393 0063).

Contact Person: Liezel Botes

Tel: 082 457 8904

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)