BERGCARE KOMPETISIE

From: 12 July 2018

Until: 24 August 2018

Location: Louis Trichardt

Details:

Skenk en staan ‘n kans om te wen!

Dit is die uitnodiging van die Bergcare welsynsorganisasie in Louis Trichardt. “Indien u enige tweedehandse items skenk, items soos klere, kombuisware, huisware, lakens, gordyne, gereedskap ensovoorts, staan u ‘n kans om te wen!” sê die organisasie.

Die eerste prys beloop een nag se akkommodasie by die Forest Hills Gastehuis, terwyl die tweede prys ‘n Sondag-buffetete by die Lalapanzi Hotel vir twee mense insluit. Die derde prys is ‘n R500 geskenkbewys by Da Silva Apteek. Bepalings en voorwaardes geld.

Die kompetisie sluit op 24 Augustus 2018.

Vir meer inligting, skakel Bergcare gedurende kantoorure (Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 13:00) by tel. 015 516 3902.

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)