Skietkompetisie vir jaggewere

From: 11 May 2019 at 08:00 AM

Until: 11 May 2019 at 15:00 PM

Location: Soutpansberg skietklub

Details:

Met die jagseisoen om die draai nooi die Soutpansberg Skietklub die streek se skuts uit na ‘n skietkompetisie vir jaggewere op Saterdag, 11 Mei.

Daar sal twee bane geskiet word, naamlik ‘n lang- en ‘n .22-baan. Op die .22-baan sal daar met .22’s geskiet word en 15 rondtes word benodig. Die langbaan is vir senterslaggewere en daar sal ook 15 rondtes nodig wees. Russe kan gebruik word tydens die kompetisie behalwe in die staanhouding. Deelname kos R50 per baan en daar is kontantpryse asook twee mooi geweersakke op die spel.

Die dag se verrigtinge begin om 08:00 en eindig om 15:00, waarna die prysuitdeling sal plaasvind. Dit sal gevolg word met ‘n gesellige bring-en-braai met pap en sous wat voorsien sal word.

Vir meer inligting, skakel Ampie du Toit by tel. 082 742 0168.

Contact Person: Ampie du Toit

Tel: 082 742 0168

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun