Gratis opleiding vir huishulpe

From: 07 November 2019 at 14:00 PM

Until: 07 November 2019 at 16:00 PM

Location: AGS Charisma gemeente

Details:

ABBA Adoptions van Polokwane se maatskaplike werkster sal op 7 November keuseberading opleiding kom gee by die AGS Charisma gemeente in Louis Trichardt.

Die opleiding vind plaas vanaf 14:00 tot 16:00 op die kerkterrein te 70 Munnikstraat en sal in Engels en Venda aangebied word. Keuseberading opleiding is opleiding wat mense in staat stel om vroue wat krisisswangerskappe het in te lig aangaande die opsies wat daar bestaan, en hulp wat beskikbaar is.

“Ons vra dat die vroue van Louis Trichardt hulle huiswerkers daardie middag sal afstaan, sodat hulle die opleiding kan bywoon en so meisies en vrouens in hulle gemeenskappe kan ondersteun wanneer daar ‘n krisisswangerskap is,” het een van die organiseerders, past. Leonie Meyfarth, gesê.

Die opleiding is gratis en verversings sal aangebied word.

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun