Somerbasaar Kaperjolle

From: 01 November 2019

Until: 02 November 2019

Location: Hervormde Kerk Louis Trichardt

Details:

Die Hervormde Kerk Louis Trichardt-gemeente nooi almal hartlik uit om die naweek van 1 en 2 November saam te kom basaar hou in hulle “nuwe” kerksaal.

Die tema vanjaar van hulle basaar is Die lewe is ‘n lied – Somerbasaar Kaperjolle. “Bring die kleingoed vir lekker kasteel-spring, terwyl mamma en pappa die trop wit olifante besigtig. Ja, pappa, die vars vleis gaan teen sakpas pryse. En, mamma, jou oog gaan vir seker die groot verskeidenheid fyngebak vang… die koppie tee staan ook gereed!” het die gemeente gesê.

Die basaarpoeding hou groot belofte in en by die pannekoektafel sal geen mens verby kan hou nie. Vir stamina is daar ook hoenderburgers, kerrie-en-rys, vetkoek-en-maalvleis-vetkoek en natuurlik jaffels.

Die basaar duur vanaf 12:00 tot 18:00 op 1 November en vanaf 08:00 tot 13:00 op 2 November.

“Moenie hierdie geleentheid misloop nie,” het die gemeente gesê.

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)