ROLBAL-BESIGHEIDSLIGA

From: 19 February 2020

Until: 05 March 2020

Location: Rolbalklub

Details:

Die Louis Trichardt Rolbalklub bied weer eersdaags hulle gewilde besigheidsliga aan.
Dit sal oudergewoonte plaasvind oor drie agtereenvolgende Donderdae, met die eerste wedstryde wat op 5 Maart gespeel sal word. Veertien spanne kan inskryf (voor 29 Februarie) en die finaal sal op 19 Maart beslis word.

Die hoofdoel van die liga is om rolbal as sportsoort te bevorder, om fondse vir die klub in te samel en om dit net te geniet. Enige instansie of besigheid kan ‘n span inskryf of borg. ‘n Span kan bestaan uit vier nie-rolbalspelers. Daar sal wel klublede wees om te help.
Wedstryde begin Donderdagaande om 18:00.  Behalwe vir skoene wat hakloos moet wees, is daar geen ander dragkodes nie. Rolbalballe sal voorsien word. Inskrywing per span beloop R500 en daarna R20 per speler per wedstryd. Daar sal ook elke Donderdag braaipakkies te koop wees. Pap en sous sal voorsien word.

Vir meer besonderhede of om ‘n span in te skryf, skakel Marietjie Barkhuizen by 082 326 7686 of Mari Volschenk by 084 500 2453.

Contact Person: Marietjie Barkhuizen

Tel: 082 326 7686

Upcoming events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg
Start: 01 Jun
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor
Start: 08 Jun