Groeperingskiet

From: 30 October 2021 at 08:00 AM

Location: Soutpansberg Skietklub

Details:

Die Soutpansberg Skietklub hou op Saterdag, 30 Oktober, weer hulle jaarlikse groeperingskiet kompetisie

Drie bane sal geskiet word, naamlik .22 oor ‘n afstand van 60m (vyf rondtes), handwapen oor 15m (drie rondtes) en senterslaggewere oor 100m (drie rondtes).

Juniors/laerskoolleerders sal slegs kan deelneem aan die .22-afdeling, terwyl hoërskoolleerders aan alle afdelings kan deelneem. Twee klasse, naamlik ‘n A-klas - wat slegs een teiken per baan mag skiet - en ‘n B-klas - wat onbeperk is - word ook aangebied. Deelname kos R50 per teiken, maar juniors betaal R25 per teiken.

Groot kontantpryse en koopbewyse is op die spel. Die skietdag begin om 08:00 en duur tot 15:00 waarna ‘n gesellige bring-en-braai aangebied word. Pap en sous sal voorsien word.

“Almal is welkom en kom geniet die dag saam met ons,” nooi die klub.

Upcoming events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May  (07:00 AM)
End:  01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM)
End:  25 May  (13:00 PM)